Gedurende Januarie 2014 kom bykans 50 jagters bymekaar in die Gauteng Oos Rand en loods spontaan die stigting van ‘n nuwe Jagtersvereniging met die naam “RANDSE JAGTERSVERENIGING” wat hoofsaaklik aktief saamspan om in Gauteng aan Jagters alternatiewe heenkome te bied.
Met die wetgewende en regulatoriese omgewing wat toenemend meer uitdagings vir die jagtergemeenskap daarstel is daar besluit dat hierdie Vereniging sal terugkeer na die suiwer eenvoudige model waar die jagter sy Vryheid om te jag en meegaande verwante Vuurwapen eienaarskap sy kultuur en sy demokratiese regte met verantwoordelikheid kan uitoefen met die gerusstelling dat sy regte en belange verskans word maar ook deeglik deskundige en gefokusde aandag geniet.
Hierdie model verseker ook deursigtige beheer van fondse sonder dat die fokus van die bestuur kan verskuif na die vestiging van besigheidsbelange ten koste van lede.
Die Kernwaardes van die Vereniging se bestuur en lede behels onvoorwaardelike verbintenis tot::
Derhalwe is daar besluit dat hierdie Vereniging sal aansoek doen om toelating om te assosieer met die Konfederasie van Jagtersverenings wat aan almal in die jaggemeenskap sedert 1960 bekend staan as CHASA.Deur hierdie assosiasie en gefokusde rolverdeling word die lid gerusgestel dat deur CHASA die volgende aan lede gebied word:
Die Vereniging se fokus en klem is dus om die normale aktiwiteite aan te bied vir lede om te geniet en daardeur te verseker dat;
Tydens die sitting van die Volle Raad van die Konfederasie van Jagtersverenigings (CHASA) op 22 Februarie 2014 is die RANDSE JAGTERSVERENIGING eenparig aanvaar as volle lidvereniging en ontsluit dit aan lede die volle voordele soos gemeld met die kernbegrip :VRYHEID OM TE JAG!
Die eerste bestuur van die Vereniging is reeds verkies en hul wye ervaring van die bestuur van soortgelyke organisasies in hierdie gebied bied aan lede die onmiddellike platform dat hul wetlike status spoedeisend omgeskakel kan word en verdere voordele onmiddellik benut kan word.
Die bestuur het reeds verhoudinge met sommige skietbane onderhandel om maandeliks skietdae aan te bied en beplan reeds verskeie ander geleenthede. Die Webtuiste en ander tegnologiese kommunikasie fasiliteite word tans ontwikkel.
Alhoewel die Vereniging tans gesetel is in Edenvale vind die maandelikse vergaderings gewoonlik plaas te ""German Club "" te Edenvale.
Persone wat belangstel om by hierdie Vereniging in te skakel kan enigeen van die volgende Bestuurslede kontak.